Koelbloedig | Die nagklubmoord op Daniël Botha

--:--
Vir dié episode van Koelbloedig gesels Mariska Nanni met die geliefdes van Daniël Botha (26) wat in 2018 so erg in ʼn nagklub aangerand is dat hy later breindood verklaar is. Tania Heyns, verslaggewer by Maroela Media, vertel ook meer oor wat alles in die hof gebeur het.
27 Mar Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

7/7-bomaanvalle: SA’ner onthou dag van angs, slagoffers

Adrian Heili (45) was op die moltrein toe die eerste bom 20 jaar gelede in ʼn reeks terreuraanvalle in Londen ontplof het. Hy is vanjaar vir die eerste keer deel van die amptelike herdenkingsplegtigheid, maar bring al die afgelope twee dekades op sy eie manier hulde aan diegene wat daardie…
7 Jul 2 min

Luister | R15 000 vir goudklagte om te ‘verdwyn’

Het die Valke ʼn goudsmokkelring oopgevlek, of ʼn growwe flater begaan toe hulle in Mei twee mans voorgekeer wat in besit van ʼn skoendoos vol goudstafies was? Maroela Media het vroeër berig oor hoe Daniel Schubert (61) en Adriaan du Plessis (49) in hegtenis geneem en die 80 goudstawe wat…
13 Jun 3 min

Binnelandse sake slaan toe op Plastic View

Cilliers Brink, die DA se koukusleier in Tshwane, het die optrede van die departement van binnelandse sake in die Plastic View-nedersetting in die ooste van Pretoria verwelkom.
23 May 1 min