Daar’s ʼn groot viering by Engela se huis en Visstok ontpop in ʼn ster. Tannie Ouvrou en Willie deel in die viering, en net toe dit lyk of dinge nie beter kan gaan nie, lui Engela se selfoon met ontstellende nuus.
Tannie Ouvrou kry die skok van haar lewe toe ʼn onverwagte besoeker by die Son en See opdaag. So amper bederf Tant Betta ʼn groot verrassing vir Nicolien, wie se lewe dramaties verander toe die losieshuis se spensdeur oopgaan.
Tannie Ouvrou en Betta is onder groot druk met die spyseniering van Engela se groot boekbekendstelling. Dylan daag op met skokkende en hartseer nuus wat hul planne heeltemal omvergooi.
Nicolien draf Stefan by die hawe raak en hy gee haar ʼn meesterklas in die skuiwe wat hy, Willie en kaptein Van Niekerk die afgelope paar dae rondom die wrak en Jack se helikopter gemaak het. Stefan is nie verniet ʼn baie goeie skaakspeler nie.
Die stootskrapers is aan die werk by die hawe en ʼn deel van die ou Bloubaai verdwyn. Die dorpenaars probeer ʼn plan van aksie bymekaarsit vir ʼn ontstellende voorstel wat op die owerhede se tafel is. Stefan het nuwe planne rondom die wrak wat hy dophou.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.