KOPSKUIF - Goeie Maniere – Die Geheime Bestanddeel tot Sukses met Lizette van Huyssteen

--:--
Goeie maniere is soos ’n geheime sous – dit maak alles beter! In hierdie aansteklike episode van Kopskuif gesels Lizette van Huyssteen, kundige en stigter van die Practica Program, oor die krag van beleefdheid en hoe om dit van jongs af aan te leer.

Tussen “asseblief” en “dankie” lê ’n wêreld van respek, empatie en sosiale vaardighede wat lewensveranderend kan wees. Of jy nou ’n ouer, opvoeder of net iemand is wat besef dat goeie maniere vandag nog belangriker is as ooit tevore, hierdie episode bied praktiese wenke om jou verhoudings en alledaagse interaksies te verbeter.
29 Mar Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

KOPSKUIF - Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes

Waar begin ’n mens om die wêreld te verander? Dis maklik – begin by jouself. Op 7 Junie gesels Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, op Kopskuif oor hoe een klein verandering in jou binnewêreld ’n rimpeleffek kan hê wat kan uitkring na jou gesin, jou familie, die gemeenskap,…
7 Jun 32 min

KOPSKUIF - Cor Uys, bekende musikant, op Kopskuif oor die Andante Plus50-musiekkompetisie

Op 31 Mei gesels Cor Uys, bekende musikant, op Kopskuif oor die Andante Plus50-musiekkompetisie. Hierdie eerste plaaslike musiekkompetisie wat eksklusief op 50-plussers gerig is, word in samewerking met ATKV-Buffelspoort en PLUS 50-tydskrif aangebied. Met verskillende kategorieë en opwindende pryse bied die kompetisie ’n platform vir musikale 50-plussers.
31 May 28 min

KOPSKUIF - Dr. Jo-Marie Bothma: Emosies, Regulering en Veerkragtigheid by Kinders

In hierdie insiggewende episode van Kopskuif gesels kliniese sielkundige en spelterapeut, dr. Jo-Marie Bothma, oor die belangrike rol van emosies in ons lewens. Sy deel praktiese insigte oor emosionele regulering, hoe om kinders te help om emosioneel veerkragtig te wees, en hoe om hoop te behou te midde van negatiewe…
17 May 36 min

KOPSKUIF – Afrikaans 100: ’n Taal om te vier!

Afrikaans vier 100 jaar as amptelike taal! 🇿🇦✨ Op Kopskuif gesels Giep van Zyl, nasionale koördineerder van Afrikaans 100, oor die geskiedenis, groei en viering van dié dinamiese taal—én hoe jy deel kan wees van die feesvieringe, projekte en kompetisies. Luister ook na Elias P. Nel se unieke verwerking van…
10 May 23 min