KOPSKUIF - Floris Voges

Loading player...
In hierdie week se episode van Kopskuif gesels ons met Floris Voges, ’n sanger-liedjieskrywer van Bellville, Kaapstad, en finalis van Taalgenoot se Ruk en Rym. Floris deel die storie agter sy debuutalbum Paradysstof, wat tussen Augustus 2024 en Januarie 2025 vrygestel is en reeds meer as 100 000 strome op groot platforms bereik het.

Met sy musiek wat diep temas soos sterflikheid, liefde, verlies, hoop en menslike broosheid aanspreek, nooi Floris luisteraars uit om te dink en voel oor wat dit beteken om mens te wees. Hy het reeds ’n stewige voetspoor gelos op speellyste soos Nuwe Afrikaans, Diep Afrikaans en Cool Afrikaans op Spotify en Apple Music.

Luister in wanneer ons met Floris gesels oor sy kreatiewe proses, sy deelname aan Ruk en Rym, en wat die toekoms vir hom inhou. ’n Moet-luister vir enige Afrikaanse musiekliefhebber!
12 Apr Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

KOPSKUIF - Eksamentyd Wenke: Elizna Botha se Raad vir Leerlinge en Ouers om Stres te Verlig

Eksamentyd hoef nie oorweldigend te wees nie. In hierdie insiggewende episode deel Elizna Botha, skoolberader van Hoërskool Linden in Johannesburg, praktiese wenke om eksamenstres te hanteer en beter voor te berei. Sy bespreek strategieë vir studiemotivering, tydsbestuur, en hoe ouers hul kinders emosioneel kan ondersteun tydens hierdie uitdagende tyd. Luister…
8 Nov 23 min