(Goeie Vrydag) Vrydagoggend Erediens - Ds Graham Read

--:--
PSALMS 22
My God, waarom het U my verlaat?
1VIR die musiekleier; op die wysie van: „Die hert van die dageraad.” 'n Psalm van Dawid.
2 My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?
3My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie.
4Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!
5Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered.
6Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.
7Maar ek is 'n wurm en geen man nie, 'n smaad van die mense en verag deur die volk.
8 Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê:
9Laat dit aan die Here oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom!
10Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors.
11Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.
12Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.
13Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring.
14Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos 'n leeu wat verskeur en brul.
15Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande.
16My krag is verdroog soos 'n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.
17Want honde het my omsingel; 'n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.
18Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!
19 Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.
20Maar U, Here, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!
21Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.
22Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!
23 Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.
24Julle wat die Here vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!
25Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.
26Van U kom my lof in 'n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.
27 Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die Here prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!
28 Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die Here bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.
29 Want die koninkryk behoort aan die Here, en Hy heers oor die nasies.
30Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.
31'n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die Here aan die volgende geslag.
32Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondig aan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen.
18 Apr 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

I SAMUEL 17 36U dienaar het die leeu sowel as die beer doodgeslaan, en met hierdie onbesnede Filistyn sal dit gaan net soos met een van hulle, omdat hy die slagordes van die lewende God uitgedaag het. 37Verder sê Dawid: Die Here wat my gered het uit die klou van…
3 Jul 2AM 7 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

JESAJA 35 Grootheid en heerlikheid van die regering van die Messías. 1 DIE woestyn en die dor land sal bly wees, en die wildernis sal juig en bloei soos 'n narsing; 2dit sal lustig bloei en juig, ja, met gejuig en gejubel; die heerlikheid van die Líbanon is aan hom…
2 Jul 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

HANDELINGE 4 23En nadat hulle losgelaat was, het hulle na hul eie mense gegaan en alles vertel wat die owerpriesters en die ouderlinge aan hulle gesê het. 24En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot God verhef en gesê: Here, U is die God wat die hemel…
1 Jul 2AM 10 min

Sondagaand Erediens - Ds Kobus Botha

DANIËL 5 Fees van koning Bélsasar. Die hand teen die muur. 1 KONING Bélsasar het 'n groot maaltyd berei vir sy duisend maghebbers, en in teenwoordigheid van die duisend het hy wyn gedrink. 2By die genot van die wyn het Bélsasar bevel gegee om die goue en silwervoorwerpe te bring…
29 Jun 1PM 19 min