KOPSKUIF - Ds. Madelie Kruger op stil Saterdag gesels oor Paasfees. Ons vier Paasfees, want die kruis is leeg.

--:--
Skakel op 19 April op Kopskuif in en luister hoe ds. Madelie Kruger op stil Saterdag gesels oor Paasfees.

Lukas 24:6 “Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek. Onthou hoe Hy met julle gepraat het toe Hy nog in Galilea was en gesê het: Die Seun van die mens moet uitgelewer word in die hande van sondige mense, gekruising word, en op die derde dag opstaan.”

Ons vier Paasfees, want die kruis is leeg. Op Opstandingsondag is ons bly, want die graf is leeg.

Ons vier toekomshoop, maar ook die daaglikse verhouding waarbinne ons met God kan leef, omdat Hy ons ingenooi het.
19 Apr Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

KOPSKUIF - Reinette Lombard, medeskrywer van die Tippie-leesboeke

Lees is baie belangrik. Dit is een van die vaardighede wat ’n kind vir die res van sy lewe gaan gebruik en daarom is dit belangrik dat ’n kind goed kan lees en met begrip kan lees. Op Saterdag 21 Junie 2025 gesels Reinette Lombard, medeskrywer van die Tippie-leesboeke, op…
21 Jun 28 min