Johan Jordaan, keldermeester by die Spier-wynplaas naby Stellenbosch, gesels oor sy agtergrond, loopbaan, die wynbedryf, wat hy doen om te ontspan, en sy onlangse toekenning.
Volgens die minister van elektrisiteit, dr. Kgosientsho Ramokgopa, is sommige projekte al vir meer as drie jaar vertraag weens uitdagings tydens onderhandelinge met grondeienaars. Lungisa Magwentshu, senior bestuurder vir grond en regte by die Nasionale Transmissiemaatskappy, verduidelik presies hoe hulle beplan om grond te onteien.
MultiChoice het gister sy jaarlikse finansiële resultate vir die boekjaar tot einde Maart bekend gemaak, met ’n omset wat 9% laer is. Die uitvoerende hoof, Tim Jacobs, bespreek die resultate.
Die vervoerekonoom, dr. Joachim Vermooten, deel sy insigte oor die Suid-Afrikaanse regering se planne om ’n staatsbeheerde verskepingsmaatskappy te stig.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.