Episode 42 | Boeke, geloof en ’n prysfonds wat 'hulle net wyer wil span' - Bettina Wyngaard

Loading player...
Die skrywer Bettina Wyngaard sê sy dink nie ’n mens kan die toekoms van Afrikaanse boeke in die breë skei van Afrikaanse boeke wat spesifiek oor geloof en teologie gaan nie.

“Ek dink nie in dit wat ons lees, moet ons noodwendig ’n onderskeid maak tussen geloofsboeke en ‘ander boeke’ nie,” sê die Anglikaanse nuwe voorsitter van die Andrew Murray Desmond Tutu-prysfonds. Heléne Meissenheimer gesels met haar oor temas soos versoening, geregtigheid en haar hoop dat die prysfonds al meer beweeg weg van “die een is NG en daai een is Anglikaan … maar dat ons onsself net as ’n groep gelowiges sien wat probeer om gehalte Christelike teologiese literatuur hoofstroom te maak”.

Ons praat ook oor boeke wat vrae vra oor God en geloof. Vir haar is die Bybel ’n rigtingwyser, sê Bettina, maar voeg by, “as ons nie behoorlik aandag gee aan die vrae wat gevra word nie, dan dink ek is ons besig om ons eie Christenskap in ’n boksie te sit … ek glo dit en ek het dit nog altyd geglo, Jesus aan die kruis is groter as enige vraag wat enigeen van ons kan vra”.

Lees ook meer oor vanjaar se pryswenners hier:
https://kerkbode.christians.co.za/2025/04/29/cas-vos-wen-andrew-murray-prys-ander-wenners-vir-2025-bekend/
2 May 2025 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min

Kollig Episode 57 | Hoe praat ons oor Christelike geloofstyle? - Nico Simpson

Die ideale gemeente is een waar gebroke mense voel hulle kan behoort. Só vertel dr Nico Simpson, uitvoerende hoof van Bybel-Media. In hierdie gesprek vir Kerkbode Kollig vertel hy meer oor wat ’n vraelys oor geloofstyle vir hom duidelik gemaak het oor wat lidmate in ’n gemeente soek. Ook wat…
13 Mar 25 min