Tassies gepak, loadshedding terug en Colene het nou "rizz"!

--:--
In hierdie week se KLETS-episode be-klets Colene en Matthys die week se chaos, satire en pure werklikheid met rizz en ’n ekstra sterk battery pack (want ja, loadshedding is terug).

Charlize Theron het dit jare terug gesê: daar’s net 44 Afrikaanse mense oor in die land. En nou, ironies genoeg, het die 44 en hul 5 vriende toe hul pad na die VSA gevind. In daai gees het Cyril Ramaphosa besluit om ná 20 jaar die “ander Afrikaner” te gaan besoek – by Nampo, nogal. Is dit ‘n opregte poging tot verbinding, of net nog ’n slim PR oomblik?

Maar wag, Cyril het nou ook besluit om vir Donald Trump te gaan hallo sê in die Withuis, om die “ware verhaal van Suid-Afrika” te vertel – of dalk net die ANC se weergawe daarvan. Trump klink glad nie opgewonde nie, en wonder hardop of Cupcake ooit die GPS reg gaan stel… want kom nou, die man kry nie eens sy iPad nie.

En van tassies pak gepraat – volgens ’n nuwe meningspeiling is daar ’n duidelike lys van lande waarheen mense wil emigreer. Maar wie’s boaan? En waar lê Suid-Afrika?

Dan ontplof daar ‘n storie reg uit ’n Netflix-reeks: die “Gay Cocaine Brotherhood” van in Europa.

Verder maak die nuwe pous sy verskyning, en volgens sy boetie het hulle as kinders nie “dokter-dokter” gespeel nie, maar “pous-pous”.

Colene gee vir ons ’n les in Gen Z-woordeskat, van “rizz” tot “sigma” – alles wat jy nodig het om hip te klink.

As jy op soek is na opinies, satire en "bussin" insigte, is hierdie KLETS vir jou. Want in Suid-Afrika is die lyn tussen grap en werklikheid fyn… of glad nie daar nie.
14 May Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

BEE, bromance en ’n tannie vir burgemeester

Vandag be-klets Colene en Matthys weer alles wat die afgelope week in Suid-Afrika gebeur het – van politieke transaksies tot sporttriomf en ekonomiese verlies. Helen Zille het die politieke pot behoorlik geroer met die nuus dat sy dalk vir die DA se burgemeesterposisie in Johannesburg sal staan. Is dit ’n…
11 Jun 55 min

Wit Broodjies in die Withuis en Wyn in Die Kaap

Ons is terug! En ons "be-klets" die chaos, komedie en intriges van die afgelope twee weke hier aan die suidpunt van Afrika. Cyril was in die Withuis, waar hy vir Trump probeer beïndruk het met mooi broodjies en ’n paar gholf swings. Maar terug op Suid-Afrikaanse bodem is dit dieselfde…
4 Jun 45 min

Wat gaan aan in die psige van ’n ma soos Kelly?

In hierdie KLETS-episode kom kuier Dr Micki Pistorius op Matthys e bank en hul bespreek die donkerste gangetjies van die menslike psige – spesifiek dié van Kelly Smith, die ma van die 6-jarige Joslin Smith wat in Februarie 2024 in Saldanha verdwyn het. Joslin is nog nie gevind nie. Maar…
21 May 50 min

Wat Wag om die Horison?

In hierdie KLETS-episode gesels ons met Dr Rianne van Vuuren, toekomskundige en horison-skandeerder by die Instituut vir Toekomsnavorsing in Stellenbosch, oor wat die toekoms vir Suid-Afrika - en vir ons almal – moontlik inhou. Rianne stel ook sy potgooi bekend, “Môre onder die Soeklig”, wat vanaf Maandag, 28 April 2025,…
23 Apr 1 hr 33 min