Vrydag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

Loading player...
EFÉSIËRS 6
1 KINDERS, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg.
2 Eer jou vader en jou moeder — dit is die eerste gebod met 'n belofte —
3sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.
4En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.
5 Diensknegte, wees gehoorsaam aan julle here na die vlees, met vrees en bewing, in opregtheid van julle hart, soos aan Christus;
6nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar soos diensknegte van Christus wat die wil van God van harte doen
7en met goedwilligheid die Here dien en nie mense nie,
8omdat julle weet dat elkeen vir die goeie wat hy doen, loon van die Here sal ontvang, of hy 'n slaaf is of 'n vryman.
9En, here, doen dieselfde teenoor hulle en laat staan die dreigemente, omdat julle weet dat ook julle eie Here in die hemele is en by Hom geen aanneming van die persoon is nie.
16 May 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

1 TESSALONISENSE 5 23Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! 2 KORINTIËRS 4 'n Skat in kleipotte 7Ons wat hierdie skat in…
17 Aug 2AM 11 min

Sondagaand Eredienste - Ds Zak Scholtz

JOHANNES 20 Die leë graf (Matt. 28:1-8; Mark. 16:1-8; Luk. 24:1-12) 1Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. 2Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe…
16 Aug 1PM 21 min

Sondagoggend Eredienste - Ds Zak Scholtz

FILEMON 1 Paulus pleit vir Onesimus 8Daarom, al het ek in Christus die volste reg om jou op jou plig te wys, 9doen ek liewer 'n beroep op jou op grond van die liefde. Dit doen ek, Paulus, wat 'n ou man is en nou ook 'n gevangene ter wille…
16 Aug 3AM 20 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

1 KORINTIËRS 4 4Daar is ook niks waaroor my gewete my aankla nie, maar dit beteken nog nie dat ek vrygespreek is nie. Dit is die Here wat my beoordeel. 5Daarom moet julle nie te vroeg, voordat die Here kom, 'n oordeel uitspreek nie. Hy sal ook die dinge wat…
15 Aug 2AM 23 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

2 KONINGS 5 Naäman word genees van melaatsheid 1Naäman, die hoof van die leër van die koning van Aram, was 'n gesiene man wat die agting van die koning geniet het. Deur hom het die Here 'n oorwinning aan Aram besorg. Die man was 'n dapper soldaat, maar hy het…
14 Aug 2AM 20 min