Naspers en Prosus het vandag winssyfers vir die boekjaar tot einde Maart bekend gemaak. Die omset is 20% hoër, en die wesensverdienste bykans 50% hoër. Nico Marais, finansiële hoof van Naspers, verduidelik die groep se finansiële prestasie.
Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital, bespreek die markreaksie op die VSA se aanvalle op Irannese kernaanlegte, die oordrag van Dis-Chem-aandele aan twee van die stigter se seuns, en WeBuyCars se planne om nuwe motors te verkoop.
Pieter Geldenhuys, toekomskundige en direkteur by die Instituut vir Tegnologie Strategie en Innovasie, verbonde aan die DaVinci-sakeskool, gesels oor die gebruik van tegnologie in Iran.
Reana Steyn, hoofombud en uitvoerende hoof van die Nasionale Finansiële Ombudskema (NFO), gesels oor die tipe klagte wat hulle ontvang het, en die aantal beslissings in die guns van verbruikers.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.