Episode 43 | 'Afrikaners' as slagoffers - Hoe praat ons daaroor?

Loading player...
Hoe praat ons oor slagofferskap binne die konteks dat (net wit?) Afrikaanse boere (?) vir vlugtelingstatus mag aansoek doen by die VSA?

In ’n tyd waarin wyd oor hierdie sensitiewe, komplekse en kontroversiële kwessie gepraat word, nooi Kerkbode vir ’n veelvlakkige gesprek hieroor die ervare kerkjoernalis en skrywer Neels Jackson asook Oos-Kaapse kerkleier, ds Danie Mouton, wat ook by interessante inisiatiewe betrokke is wat versoening en samewerking oor ras- en kerkgrense bevorder.

Ons kyk na hoe ons praat oor die mense wat wel vlugtelingstatus ontvang sowel as die uitdagings wat dit skep vir gesprekke plaaslik. Soos Kerkbode se oud-redakteur noem, “aan die een kant het ons te doen met mense wat keuses gemaak het en wie se toekoms onseker is met wie Jesus ons leer om deernis te hê … aan die ander kant is daar ’n politieke spel waarin daar ’n klomp leuens vertel word en hierdie mense is daarin vasgevang”.

Een van die vrae is of ons as burgers van die land nie almal op ’n manier slagoffers is nie?

En ons hoor van die hoop wat stories vanuit die kerk kan bied wat vertel van koalisies wat gebou word en regkry om mense bymekaar te bring en saam hulle omgewing te verander.
21 May 2025 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min

Kollig Episode 57 | Hoe praat ons oor Christelike geloofstyle? - Nico Simpson

Die ideale gemeente is een waar gebroke mense voel hulle kan behoort. Só vertel dr Nico Simpson, uitvoerende hoof van Bybel-Media. In hierdie gesprek vir Kerkbode Kollig vertel hy meer oor wat ’n vraelys oor geloofstyle vir hom duidelik gemaak het oor wat lidmate in ’n gemeente soek. Ook wat…
13 Mar 25 min