SA gaan weer spesialis-polisie ontplooi

--:--
Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê misdaad bly 'n groot probleem. Sy sê alhoewel moordsake verminder, is daar 'n toename in seksuele oortredings, insluitend verkragting. Ntshavheni sê die kabinet loof die polisie vir die vinnige arrestasies in hoëprofiel geslagsgeweldsake, insluitend dié van die Wits Universiteit-student Olorato Mongale. Sy het bygevoeg die regering beplan om weer gespesialiseerde polisie-eenhede in te stel en misdaadbestrydingsinstrumente en -opleiding te versterk:
30 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

GRN spreek druk op diamantbedryf uit in Angola

Namibië ervaar toenemende druk in sy diamantbedryf na die instelling van 'n Amerikaanse tarief van 21 persent op mineraaluitvoere, insluitend diamante. Die sektor, wat reeds sukkel met dalende pryse en mededinging van laboratorium gekweekte edelstene, het ‘n daling van die regering se inkomste van 6 miljard Namibiese dollar tot net…
18 Jun 11PM 1 min

Cyril doen beroep vir klimaatbefondsing by G7

Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa het, ter afsluiting van sy G7-besoek in Kanada, wêreldleiers gevra om befondsing vir die uitwerking van klimaatsverandering, soos vloede, voorop te stel. Hy het die land se Billike Energie-oordrag en gereedheid om die komende G20-beraad aan te bied, beklemtoon. Ramaphosa het die behoefte aan finansiële…
18 Jun 11PM 1 min

Vleispryse bestendig ten spyte van Karan-fiasko

Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het die jongste vleispryse bekend gemaak. Ten spyte van die Karan Beef bek-en-klouseer voorval bly pryse redelik bestendig vanweë plaaslike verkope. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, die raad se bemarkingsbestuurder, gesels.
18 Jun 11AM 1 min

Trump systap vraag oor VSA-betrokkenheid in Iran

Die opperleier van Iran, die Ayatollah Ali Khamenei, sê die land sal nooit oorgee soos wat president Donald Trump eis nie. Hy waarsku Amerika dat dit "onherstelbare skade" in die gesig staar as dit ingryp om Israel te ondersteun. Trump sê op sy beurt niemand weet of hy sal toelaat…
18 Jun 11AM 1 min