Meer oor die N$1,2m beloning vir renosterstropers

Network error while loading playlist url
‘n Beloning van 1,2 miljoen Namibiese dollar is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisname van verdagtes wat vier renosters op 'n plaas in die Malathöhe-distrik gestroop het. Daar word vermoed dat dit die werk was van 'n sindikaat. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jaco Muller van die Rhino Momma Project, wat meer inligting gee oor die beloning.
2 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Impak van Trump se tariewe gering

Namibië se uraan, diamante en ander belangrike uitvoere na die VSA staar hoë tariewe in die gesig onder nuwe handelsmaatreëls wat deur president Donald Trump aangekondig is. Terwyl Namibië se landbouprodukte tans beskerm word onder die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, neem kommer toe oor die toekoms van…
21 Jul 12AM 1 min

Erongo se toerismesektor herstel goed

Die herstelplan vir Namibië se toerismesektor na Covid is suksesvol in Erongo in werking gestel, sê streeksgoewerneur Natalia /Goagoses. Sy sê die toerismesektor toon ‘n beduidende oplewing ná die wêreldwye insinking wat deur die pandemie veroorsaak is. Kamerbesetting in Namibië deur plaaslike, streek- en internasionale toeriste het tot 60 persent…
21 Jul 12AM 1 min

Toegang tot elektrisiteit is nie 'n luuksheid nie

Die adjunk-eerste minister en energie-minister, Natangwe Ithete, het amptelik die Stad Windhoek se elektrifiseringsprojek in werking gestel. Hy het 'n elektrisiteitsmeter by 'n nuut gekoppelde huishouding in Okatunda in die Tobias Hainyeko-kiesafdeling aangeskakel. Hy het ook by die geleentheid gepraat oor die krag-uitdagings.
20 Jul 11PM 1 min

SAPD moet spesiale operasies loods teen massamoord

The Soil of Africa burgerlike beweging doen 'n beroep op regering en die ministerie van Polisie om die ontplooiing van taktiese en intelligensie-gedrewe operasies in gebiede wat as massamoord-brandpunte in die land geïdentifiseer is. Vyf mense is die naweek dood en drie gewond, in 'n aanval op 'n shebeen, Vrydag…
20 Jul 11PM 1 min

Windhoek kry kragprojek

Die adjunk-eerste minister en energie-minister, Natangwe Ithete, het amptelik die Stad Windhoek se elektrifiseringsprojek in werking gestel. Hy het 'n elektrisiteitsmeter by 'n nuut gekoppelde huishouding in Okatunda in die Tobias Hainyeko-kiesafdeling aangeskakel. Hy het ook by die geleentheid gepraat oor die krag-uitdagings.
20 Jul 6AM 1 min