
Vervolgingsondag plaas kollig op Christene se nood in Afrika
--:--
Die kerk in Afrika is die grootste en jongste ter wêreld, tog ervaar dit tans ʼn ongekende aanslag. Geopende Deure Suider-Afrika wil met die herdenking van Vervolgingsondag die soeklig op dié Christene se nood plaas. Kom luister ook na die volledige onderhoud met Elizabeth Botha, mediabeampte by Geopende Deure Suider-Afrika.