Powell oor oogknip-sage: ‘Jaden se kramp so erg hy kon nog nie weer oefen’

Loading player...
Die oogknip-herrie het die rugbywêreld behoorlik op hol. Siya Kolisi sê die Iere moet oor Jaden Hendrikse se stoute oogknip vir die Munster-losskakel Jack Crowley kom. Munster sê Hendrikse het aangesit – hy het g’n ’n kuitkramp gehad in dié spanne se spannende uitskopstryd verlede naweek op Kingspark nie.
Dié week in Rapport Praat Sport sluit Neil Powell, die Haaie se direkteur van rugby, hom by ons aan en onthul Hendrikse se kramp was so erg dat dié skrumskakel Dinsdag steeds nie kon oefen nie.
Powell verklap ook wat alles agter die skerms gebeur het toe hulle besef die VRK-kwarteind stuur op ’n skopstryd af. Pakke dokumente is bestudeer, waaghalsige strategiese plaasvervangers is opgestuur, en ’n wit tekenbord is uitgerus om taktiek op te trek.
Powell vertel ook hoe die jong Bradley Davids van oor tot oor geglimlag het voordat hy begin aanlê het pale toe.
In nog dramatiese sportnuus hoor ons by Heinrich Klaasen wat die rede agter sy skok-uittrede uit internasionale krieket is.
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
4 Jun 2025 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Skolerugby: Breiers verdien soms meer as skoolhoofde

Die skolerugbykenner Hannes Nienaber sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan. Hy sê watter skole en spelers vanjaar dopgehou moet word en vertel hoeveel van die land se skole hul breiers betaal.
4 Feb 30 min

Neil de Bruin: ‘Pollard ís ’n aanvallende 10’

Neil de Bruin, die Bulle se nuwe aanvalsafrigter, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy skuif na Loftus Versfeld. Hy verduidelik hoe die Bulle besig is om hul seisoen om te draai, wat van Sebastian de Klerk en Jeandré Rudolph sulke goeie spelers maak…
28 Jan 27 min

Saru-baas: ‘Ons sal klou aan Tony – dalk selfs ná 2027’

In 2026 se eerste episode van Rapport Praat Sport gesels ons met die grootbaas van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Rian Oberholzer, oor alles wat dié jaar vir die beheerliggaam voorlê. Ons pols hom ook oor die toekoms van Tony Brown, die Springbok-hulpafrigter wat glo hoog op Nieu-Seeland se wenslys is vir…
21 Jan 22 min

2025: Die jaar toe Rassie die wêreld uitoorlê

In ons laaste episode van vanjaar kyk ons terug op ’n jaar waarin die Springbokke na ’n nuwe rat oorgeskakel het en besef Rassie Erasmus het nie sy gelyke as rugbyafrigter nie. Ons kies ons topdrie-Bokke van die jaar, die topdrie-spelers wie se aandele gestyg én gedaal het, en bespreek…
10 Dec 2025 28 min