Luister | R15 000 vir goudklagte om te ‘verdwyn’

--:--
Het die Valke ʼn goudsmokkelring oopgevlek, of ʼn growwe flater begaan toe hulle in Mei twee mans voorgekeer wat in besit van ʼn skoendoos vol goudstafies was?
Maroela Media het vroeër berig oor hoe Daniel Schubert (61) en Adriaan du Plessis (49) in hegtenis geneem en die 80 goudstawe wat in besit gevind en op beslag gelê is.
Schubert beweer egter hy is die regmatige eienaar van die goud en dat daar boon-op meer stafies was as waarop die Valke beslag en polisie beslag gelê het. Dié Bloemfonteinse sakeman beweer boon-op verder gesê as hy omkoopgeld van R15 000 betaal hy die verlore goudstafies terug kry, waarna die saak teen hom soos mis voor die son sal verdwyn.
Luister hier na die volle gesprek.
Schubert het geweier om die omkoopgeld te betaal en is nou op ʼn missie om sy goudstafies terug te kry.
Hy het die stafies meer as agt jaar terug gekoop om te verkoop wanneer die prys reg is om sodoende sy pensioenfonds aan te vul.
13 Jun Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

‘Bidvest-rasseskema’: Solidariteit vra steun in VSA

Solidariteit het ʼn formele versoek aan die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, en groot Amerikaanse aandeelhouers in Bidvest Group Limited, gerig, waarin dié organisasie vra vir onmiddellike optrede teen ʼn rassediskriminerende werknemersvoordelebeleid van Bidvest wat die kinders van wit Bidvest-werknemers in Suid-Afrika uitsluit. Jaco Kleynhans, hoof van internasionale…
11 Jul 1 min

7/7-bomaanvalle: SA’ner onthou dag van angs, slagoffers

Adrian Heili (45) was op die moltrein toe die eerste bom 20 jaar gelede in ʼn reeks terreuraanvalle in Londen ontplof het. Hy is vanjaar vir die eerste keer deel van die amptelike herdenkingsplegtigheid, maar bring al die afgelope twee dekades op sy eie manier hulde aan diegene wat daardie…
7 Jul 2 min

Binnelandse sake slaan toe op Plastic View

Cilliers Brink, die DA se koukusleier in Tshwane, het die optrede van die departement van binnelandse sake in die Plastic View-nedersetting in die ooste van Pretoria verwelkom.
23 May 1 min