Episode 45 | ‘Siekte het my ’n beter predikant gemaak’
--:--
Bennie Janse van Rensburg het ’n oorerflike spierkwynende siekte waarvoor daar nie genesing is nie. FSH-spierdistrofie, wat in 2007 by hom gediagnoseer is, het hom oor jare so verswak dat sy stewige paar bene hom nie meer kan vat waar hy wil wees nie. Hy kan nou nie eens meer uit die bed opstaan sonder dat Susan, sy ‘engel’ soos hy sy vrou noem, of sy versorger hom help nie.
Die gebore Vrystater was vir 25 jaar predikant by die NG Moedergemeente Wellington voor hy op 60 in 2021 om mediese redes moes uittree.
Lees ook sy getuienis op kerkbode.co.za
Het jy ’n geloofstorie? Kontak ons gerus op kerkbode@tydskrifte.co.za