Ons kan versigtig optimisties wees oor die rand-dollar wisselkoers

--:--
Die langtermynvooruitsigte vir die Suid-Afrikaanse rand, en dus die Namibiese dollar, teenoor die Amerikaanse dollar bly versigtig optimisties. Analiste verwag die moontlikheid van een laaste fase van swakheid voor 'n moontlike ommekeer. Ten spyte van huidige druk, is die oortuiging dat die rand 'n verrassende en positiewe prestasie oor die langer termyn kan lewer. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt gepraat.
19 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Drie voertuigmodelle in SA herroep

Die Nasionale Verbruikerskommissie het aangekondig hy herroep sekere Range Rover Evoque- en Mercedes-Benz-modelle weens veiligheidsrisiko's. Jaguar Land Rover herroep die 2021 tot 2025 Evoque-modelle oor foutiewe lugsakke wat kan skeur wanneer dit geaktiveer word, terwyl 'n fout op die stroombaanpaneel in sekere 2023 Mercedes-Benz-modelle kragverlies kan veroorsaak of die gevaar…
12 Jul 6AM 1 min

Solidariteit vra VSA-optrede teen Bidvest

Die vakbond, Solidariteit, het die Amerikaanse regering en beleggers gevra om teen Bidvest op te tree oor sy beleid wat die kinders van lae-inkomste wit werknemers verhoed om skoolhulp te ontvang. Briewe is gestuur aan die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio en groot aandeelhouers in die VSA, wat…
12 Jul 5AM 1 min

Beskerm senior burgers beter teen kubermisdaad

Die Universiteit van die Wes-Kaap sê Suid-Afrika het beter bewustheid, duideliker leiding en sterker ondersteuningstelsels nodig om ouer mense aanlyn te beskerm. Dit is die bevindings van 'n navorsingstudie oor kubermisdaad teen senior burgers waarin daar gekyk is na ouderdomsdiskriminasie, ideale slagofferskap en die deurslaggewende rol van sosio-ekonomie. Die universiteit…
12 Jul 4AM 1 min

‘SA moet aanhou verlede konfronteer’

#NotInMyName International sê Suid-Afrika moet daartoe verbind bly om sy verlede te konfronteer en 'n regverdige en verenigde toekoms te bou. Die organisasie se president, Siyabulela Jentile, sê dit volg ná die Hooggeregshof in Pretoria 'n polisiebeampte uit die apartheidsera, Johan Marais, tot 15 jaar tronkstraf gevonnis het vir die…
12 Jul 3AM 1 min

Hoës sit koppe bymekaar oor groenwaterstof

'n Hoëvlak-groenbeleggingsdialoog, wat parlementslede en energieleiers van ses Afrikalande bymekaarbring, word tans in Walvisbaai gehou. Die dialoog wat môre eindig, ondersoek die rol van groenwaterstof in Afrika se toekomstige energie- en nywerheids-landskap. Jona Musheko van die Groenwaterstofprogram in Namibië sê die dialoog kyk na maniere om klimaatfinansiering vir groen energiesones…
12 Jul 2AM 1 min