
Net nog enetjie | Is Wêreldoorlog 3 op pad? | Ep. 44
--:--
In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor of die derde wêreldoorlog op pad is. Konflik in die Midde-Ooste het wéér vererger na Israel ʼn aanval op Iran van stapel gestuur het. Is hierdie die laaste strooi voor ʼn globale konflik of is dit veilig om te sê dit is nie die derde wêreldoorlog elke keer wanneer iemand hulle wip nie – veral nie in die konflikgeteisterde Midde-Ooste nie.