
Amerika val kernterreine in Iran aan
--:--
Amerika het Saterdag ‘n reuse-lugaanval met B-2-bomwerpers op Iran se drie vernaamste kernterreine, Fordow, Natanz en Isfahan geloods. Iran het voorheen belowe om terug te slaan as die VSA by Israel se aanval aansluit, maar daar was geen amptelike verklaring deur Teheran se leiers sedert die VSA-aanval nie. Intussen het die eerste minister van Israel, Benjamin Netanyahu, president Donald Trump van Amerika geluk gewens met sy besluit. Trump het ná die aanval ‘n nuuskonferensie in die Withuis in Washington belê.