So ervaar Namibiërs openbare gesondheid

--:--
Cirrus het onlangs 'n opname gedoen om te bepaal hoe Namibiërs gesondheidsorg in die land beskou. 'n Oorweldigende meerderheid van die respondente in die noordelike streke was meestal ontevrede en sê dat die openbare fasiliteite swak is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Cirrus-ekonoom Tannan Groenewald, wat meer oor die bevindinge vertel.
23 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Skok oor verslag wat rassediskriminasie in gesondheid vind

Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê daar is geen plek vir diskriminasie in die gesondheidsorgsektor nie. Dit volg ná 'n Artikel 59-verslag deur Advokaat Tembeka Ngcukaitobi, wat mediese skemas soos Discovery en die mediese fonds vir staatsamptenare se rassepartydigheid teen swart gesondheidsorgverskaffers bevestig. Die Raad vir Gesondheidsorgbefondsers veroordeel die…
8 Jul 2AM 1 min

Trump kondig eerste tariewe aan, dreig 25% as daar vergelding is

Amerikaanse president Donald Trump het 'n tarief van 25 persent op invoere vanaf Japan en Suid-Korea vanaf 1 Augustus aangekondig, terwyl hy die eerste twee van 'n verwagte 12 briewe aan handelsvennote op sy Truth Social-platform onthul het. Hy het bygevoeg dat as hulle besluit om hul tariewe op Amerikaanse…
8 Jul 2AM 1 min

Al hoe meer IDF soldate praat oor gruweldade

Die Verenigde Nasies se spesiale rapporteur oor die besette Palestynse gebiede Francesca Albanese het gereageer op kommentaar op ‘n SkyNews-verslag van 'n Israeliese soldaat wat sê hulle het opdrag gekry om burgerlikes in Gaza dood te maak, al is hulle nie ‘n bedreiging nie. Sy sê die tipe kommentaar raak…
8 Jul 1AM 1 min

Cosatu vra dringende ondersoek na KZN-aantygings

Die vakbond Cosatu vra vir 'n dringende onafhanklike ondersoek na aantygings oor ernstige korrupsie deur senior beamptes in die polisie, die regbank en korrektiewe dienste. Matthew Parks van Cosatu sê die aantygings deur die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi kan die openbare vertroue in wetstoepassing ondermyn. Hy dring daarop aan…
8 Jul 1AM 1 min

Tsumeb is gasheer vir derde been van tydren-kampioenskap

Die derde been van die 2025 Nasionale Tydren-kampioenskappe vind Saterdag op Tsumeb plaas. Inskrywings het Maandagaand gesluit en 12 spanne se name is op die lys. Francois Lottering van Motor Media Namibia het meer.
8 Jul 1AM 1 min