AI met gevoelens en Suid-Afrika op WW3 se veiligheidslys

Loading player...
Dis 30 jaar sedert 1995 – daardie Springbok-oomblik toe Madiba, in sy nommer 6-trui, die Webb Ellis-trofee aan Francois oorhandig het en ons almal vir ’n kort rukkie saam gebraai het. Maar nou, in 2025, het die Rainbow Nation vervaal.

Want terwyl die wêreld op die rand van ’n Derde Wêreldoorlog balanseer, lyk dit of ons in Suid-Afrika darem een troosprys het: ons is glo die 8ste veiligste plek op aarde as WW3 uitbreek. En meer nog – een spesifieke Suid-Afrikaanse stad is op daardie lys as toevlugsoord wanneer die wêreld aan die brand is.

Intussen het kunsmatige intelligensie begin oorneem, maar Colene vertel wat AI sou wou voel, weet, doen en ervaar as dit ’n mens kon wees. Spoiler: dis beslis nie net data en spreadsheets nie.

En maak daai tenk vol, want petrol- en dieselpryse gaan in Julie weer klim. Maar moenie vrees nie – ons gee jou vyf lande waar jy nog iets vir jou rand kry, sodat jy darem kan wegbreek sonder om die bank te breek.

Van geopolitiek tot AI met gevoelens – hierdie KLETS is vir almal wat weet dat jy in Suid-Afrika moet kan lag, huil en plan maak – soms alles in een oomblik.
25 Jun 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Hitte, Hormone en Hoofopskrifte

Hierdie week se KLETS begin nie met politiek nie. Dit begin met hitte. Daai Gauteng-hitte wat jou laat wonder of jy in Pretoria, Pofadder of binne-in ’n pizza-oond woon. Matthys is oortuig sy breinselle het begin saamsmelt, en Colene probeer vasstel of dit die hitte, menopouse, andropouse of net die…
11 Feb 1 hr 04 min

Donder, Bliksem, Dis steeds Januarie

Dis Januarie. Nogsteeds. En asof die jaar self dit wil bevestig, breek Gauteng oop met ’n moerse donderstorm terwyl Matthys en Colene die mikrofone aanskakel. Perfekte weer vir ’n KLETS vol hoop, verwarring en ligte paniek. In hierdie week se episode gesels ons oor daardie emosionele rollercoaster van Januarie. Die…
28 Jan 53 min

’n Dieet, ’n Diktator en ’n App

Is jou Nuwejaarsvoornemens om gewig te verloor? Colene deel ’n wenner-dieet uit 1977 wat jou óf laat maer word, óf gelukkig gaan maak. Carl Niehaus het ’n plan. ’n Groot plan. Hy vermoed hy weet presies hoe om Amerika op hul plek te sit, terwyl Cyril Ramaphosa meen ministers verdien…
21 Jan 55 min

Wat Wag vir Suid-Afrika in 2026?

In deel twee van ons Astrologie KLETS oor 2026 bring ons alles terug huis toe. Die groot wêreldbewegings is een ding, maar wat beteken dit alles vir Suid-Afrika, ’n verkiesingsjaar, en vir jou persoonlik? Saam met Catherine Laurent kyk ons na die Suid-Afrikaanse politieke klimaat in 2026, ’n jaar waar…
14 Jan 1 hr 15 min

Begin, Beweeg, Besluit: Wat 2026 Bring en Inhou

In die heel eerste episode van KLETS skop ons 2026 af met konteks eerder as chaos, en met patrone eerder as paniek. Ons KLETS met die astroloog Catherine Laurent in hierdie eerste deel van ’n twee-delige reeks, waar ons kyk na siklusse, getalle en wêreldwye energieverskuiwings wat 2026 gaan vorm…
7 Jan 1 hr 12 min