Atletiek: Jaco Potgieter blits silwer by jeugspele los

--:--
Namibië se blits, Jaco Potgieter, het Vrydag silwer by die Wêreldjeugspele in Gothenburg in Swede verower met die tweede plek in die 400m-hekkies vir seuns. Potgieter se tyd was 56,07 sekondes. Hy is deel van die Napso-span atlete wat uit tien meisies en tien seuns bestaan, meestal hoërskoolleerlinge. Buiten die byeenkoms in Swede het die span ook in Estonia meegeding. Hulle keer op 1 Julie na Namibië terug.
28 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Al hoe meer IDF soldate praat oor gruweldade

Die Verenigde Nasies se spesiale rapporteur oor die besette Palestynse gebiede Francesca Albanese het gereageer op kommentaar op ‘n SkyNews-verslag van 'n Israeliese soldaat wat sê hulle het opdrag gekry om burgerlikes in Gaza dood te maak, al is hulle nie ‘n bedreiging nie. Sy sê die tipe kommentaar raak…
8 Jul 1AM 1 min

Cosatu vra dringende ondersoek na KZN-aantygings

Die vakbond Cosatu vra vir 'n dringende onafhanklike ondersoek na aantygings oor ernstige korrupsie deur senior beamptes in die polisie, die regbank en korrektiewe dienste. Matthew Parks van Cosatu sê die aantygings deur die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi kan die openbare vertroue in wetstoepassing ondermyn. Hy dring daarop aan…
8 Jul 1AM 1 min

Tsumeb is gasheer vir derde been van tydren-kampioenskap

Die derde been van die 2025 Nasionale Tydren-kampioenskappe vind Saterdag op Tsumeb plaas. Inskrywings het Maandagaand gesluit en 12 spanne se name is op die lys. Francois Lottering van Motor Media Namibia het meer.
8 Jul 1AM 1 min

Plaaslike kankerregister ingesluit in wêreld kankeratlas

Namibië se Nasionale Kankerregister is ingesluit in die Globale Kankeratlas, 'n belangrike dataprojek deur die Amerikaanse Kankervereniging, die Wêreld Gesondheidsorganisasie en die Internasionale Agentskap vir Kanker-navorsing. Die insluiting is ten spyte van plaaslike uitdagings soos die gebrek aan 'n formele Kankerbeheerplan en dat kanker nie 'n aanmeldbare siekte is nie…
8 Jul 1AM 1 min

ECB vertraag implementering van nuwe kragtariewe vir Whk, Nored

Die Elektrisiteitsbeheerraad het nuwe tariewe vir 2025–2026 vir die Stad Windhoek en Nored goedgekeur, maar die implementering is opgeskort totdat hulle aan spesifieke regulatoriese voorwaardes voldoen. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die ECB se woordvoerder, Ferdinand Molale, wat verduidelik.
8 Jul 12AM 1 min