Soil of Africa soek 75 000 mense se ID's

--:--
Die burgerlike beweging Soil of Africa het vandag na die hoofkantoor van die Departement van Binnelandse Sake in Pretoria opgeruk om oplossings en verantwoordbaarheid te eis. Die voorsitter van Soil of Africa, Bongani Ramontja, sê hulle hou die optog sodat die geblokkeerde identiteitsdokumente van 75 000 mense wat sedert 2017 sonder ID's in Suid-Afrika woon, uitgereik kan word. Hy sê die stap het gesinne geknak en van basiese regte en dienste ontsê:
3 Jul 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Plaaslike media is vry, maar daar is uitdagings

Namibië bly 'n baken van mediavryheid in Afrika, tweede slegs na Suid-Afrika, en beklee die 28ste plek wêreldwyd. Selma Ikela, sekretaris-generaal van die Redakteursforum van Namibië, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel geen joernaliste hier doodgemaak of aangeval is nie, uitdagings steeds die bedryf bedreig. Sy het meer.
22 Sep 11AM 1 min

Polisiehoof sê hy sal onregmatige ministeriële bevele weier

Die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola het aan die Madlanga-kommissie van ondersoek in Pretoria gesê die minister van Polisie het geen gesag om in te meng by die Suid-Afrikaanse Polisiediens se operasionele of bestuursbesluite nie. Sy getuienis volg nadat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale verlof geplaas is te…
22 Sep 11AM 1 min

Staan saam teen selfmoord, GBV: visepresident

Visepresident Lucia Witbooi het 'n beroep gedoen op dringende optrede teen geslagsgeweld en selfmoord in die land. Sy het vanoggend tydens die 8ste sitting van die Landelike Vroueparlement met Mans as Vennote in Windhoek mans en vroue aangespoor om saam te staan om skadelike kulturele norme te verbreek en respek…
22 Sep 10AM 1 min

Banke sal regering bystaan om US$750 miljoen-lening te betaal

Drie plaaslike banke staan gereed om in te gryp en die regering te help om 'n gaping van 250 miljoen Amerikaanse dollar te dek wat nodig is om die land se Euro-obligasie van 750 miljoen Amerikaanse dollar, wat op 29 Oktober betaalbaar is, te vereffen. Met 500 miljoen Amerikaanse dollar…
22 Sep 10AM 1 min