Die LPM-jeugleier, Duminga Ndala, het die NDP6-werkskeppingsteiken as onrealisties afgemaak. Sy sê die plan om 70 000 werksgeleenthede te skep, insluitend 30 000 groen werksgeleenthede, is te ambisieus. Haar kommentaar volg op die NDP6-bekendstelling deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Kosmos 94.1 Nuus het met Duminga Ndala, gepraat.
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het sy kommer uitgespreek oor die gewapende konflik tussen Thailand en Kambodja. Ten minste 15 mense is dood en meer as 100 000 burgerlikes is ontheem terwyl die twee lande vir 'n tweede dag koppe stamp oor 'n gebied bekend as die…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het reguleerders versoek om te verseker dat bankfooie billik en deursigtig is. Na haar mening moet verbruikers regverdig en deursigtig behandel word en dat die sentrale bank die leiding daarin moet neem.
Die Verenigde Nasies se agentskap vir Palestynse vlugtelinge sê volgens hom is mense in Gaza nie lewend of dood nie, maar lewende lyke. Die agentskap sê minstens 113 mense in Gaza is aan honger dood waarvan 45 die laaste vier dae was. Agentskaphoof Philippe Lazzarini sê hulle het kos en…
BetterBond sê laer rentekoerse kan groei in die eiendomsmark verder stimuleer. Die huisleningmaatskappy sê verbandgoedkeurings het die afgelope jaar met 13,6-persent gestyg en aansoeke met 7,4-persent. Bradd Bendall van die maatskappy sê laer rentekoerse het kopersvertroue verbeter, en 'n moontlike rentekoersverlaging volgende week kan groei in die eiendomsmark verder stimuleer:
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.