Fluitjieblasers moet beskerm word

--:--
ActionSA vra die regering en die polisieministerie om die land se fluitjieblasers te beskerm. Die party sê dit kom na die moord op die hoof van Korporatiewe en Forensiese Ondersoeke in die Stad Ekurhuleni, Mpho Mafole, wat in Kemptonpark doodgeskiet is. Michael Basch van ActionSA sê die moord is die tweede noodlottige aanval en derde gewelddadige aanval op senior amptenare in Ekurhuleni se departement van Finansies sedert 2023:
3 Jul 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Steenkamp reageer op voorstelle deur jeugdialoog

Tydens die eerste Statebond se Jeug-ekosisteemdialoog in Windhoek, het jeugleiers 'n beroep gedoen op geestesgesondheidshervormings, inklusiewe onderwys, universele digitale toegang, jeuggedrewe klimaatbeleid, groen werkgeleenthede en groter belegging in opkomende sektore, en leiers aangespoor om op te tree, nie net beloftes te maak nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die onderwysminister…
12 Aug 3AM 1 min

Makgoba sê G20 moet met geloofsleiers vergader

Die Anglikaanse Aartsbiskop, Thabo Makgoba, het 'n beroep op wêreldleiers gedoen om saam met geloofsorganisasies te werk om die lewens van veral die armes en die kwesbares te verbeter. Makgoba het by die G20 Intergeloof-forum in Kaapstad regerings aangemoedig om te belê in programme wat lewens verbeter en vrede bevorder…
12 Aug 3AM 1 min

Gauteng agter met 140 000 toksikologieverslae

Die DA sê Gauteng het 'n skokkende tien-jaar vertraging met toksikologieverslae vir onnatuurlike sterftes. Volgens die party, kan families wat wag vir antwoorde nie geregtigheid kry of hulle geliefdes begrawe nie. Die agterstand behels 140 000 sake landswyd as gevolg van forensiese laboratorium-mislukkings, ten spyte van 'n 703-miljoen Suid-Afrikaanse rand…
12 Aug 2AM 1 min

Trump sê Putin het hom gevra om in te tree met oorlog

President Donald Trump het twyfel uitgespreek of sy ontmoeting Vrydag met die Russiese president Vladimir Putin in Alaska 'n verskil sal maak in die bereiking van 'n vredesooreenkoms. Hy het die ontmoeting beskryf as 'n vergadering om die water te toets. Trump sê hoewel die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky nie…
12 Aug 2AM 1 min

Guterres veroordeel moord op joernaliste

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het die moord op ses joernaliste in Gaza veroordeel. Vyf Al Jazeera-joernaliste, insluitend sy korrespondent, Anas al-Sharif, is Sondag in 'n Israelse lugaanval dood. Nog twee is dood, insluitend 'n vryskutjoernalis. Israel se weermag het gesê hy het Sharif geteiken en beweer hy…
12 Aug 1AM 1 min