Copps 94.1: Dronkbestuur grootste kopseer

--:--
Die eerste Vrydagaand van Julie het relatief stil in die hoofstad verloop, met ‘n voetganger wat raakgery is wat die Copps 94.1-span se grootste uitdaging was. Dronkbestuur was ook ‘n probleem. Francois Lottering was op sy Copps 94.1-pos en doen verslag.
5 Jul 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Peter, Malakia Elindi bied N$50 000 elk vir borgtog aan

In sy slotbetoë tydens borgtogaansoeke in die Namcor-korrupsiesaak het verdedigingsadvokaat Sisa Namandje aangevoer dat die aanklagte teen sy kliënte, Peter en Malakia Elindi, nie volledig ontwikkel is nie. Hy het die hof versoek om hulle borgtog van 50 000 Namibiese dollar elk toe te staan, met voorwaardes.
13 Aug 8AM 1 min

DA boos oor swak vervolgings vir onwettige vuurwapens

Die DA sê dit is kommerwekkend dat die Nasionale Vervolgingsgesag nie kan naspoor of SAPD-arrestasies vir onwettige vuurwapenbesit tot vervolging of skuldigbevindings lei nie. Die Wes-Kaapse polisie het tussen Januarie 2020 en Desember 2024, 13 727 arrestasies vir onwettige vuurwapenbesit aangemeld. Slegs 1 745 sake het egter in skuldigbevindings geëindig,…
13 Aug 8AM 1 min

DA reageer op stygende werkloosheid in buurland

Die DA sê die jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname toon dat ekonomiese hervormings vir groei en werkgeleenthede dringend ingestel moet word. Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het met 0,3-persentasiepunte in die tweede kwartaal van hierdie jaar gestyg tot 33,2-persent. Volgens Statistiek SA is 140 000 meer mense werkloos in vergelyking met die eerste…
13 Aug 6AM 1 min

Mansour vra vir druk dat media Gaza mag binnegaan

Vir meer as twee jaar het Israel buitelandse joernaliste toegang tot Gaza geweier. As gevolg van hierdie beperkings het die meeste van die wêreld se verslaggewing van binne Gaza staatgemaak op plaaslike Palestynse joernaliste en mediawerkers waaronder 237 deur Israel se weermag gedood is.
13 Aug 6AM 1 min

Cran sê verkoop van MultiChoice sal goed wees vir verbruiker

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, sê Namibië kan baat vind by Canal+ se voorgestelde verkryging van MultiChoice-groep vir 35 miljard Amerikaanse dollar. Hoewel die transaksie geen onmiddellike impak op plaaslike uitsaailisensies het nie, sê Cran dat dit meer diverse inhoud, beter dienste, laer koste en belegging in infrastruktuur, tegnologie en…
13 Aug 6AM 1 min