DA waarsku teen bilharzia in Limpopo

--:--
Die DA in Limpopo sê die versuim om gereeld die water by skole te toets, kan nog 'n bilharzia-uitbreking veroorsaak, soos die een verlede jaar. Die party doen 'n beroep op die LUR vir Onderwys, Mavhungu Lerule-Ramakhanya, om watergehaltetoetsing voorop te stel en saam met munisipaliteite te werk om te verseker leerders het toegang tot skoon, veilige water. Die DA-lid, Jacques Smalle, sê bevindings van WaterCAN dui aan 43 persent van die watermonsters wat by skole in die land geneem is, is onveilig om te drink:
5 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kganyago vra vir inflasie op 3%

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê hy verkies dat inflasie op 3 persent bly, minder as die huidige teiken van 3 tot 6 persent. Die goewerneur van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê laer inflasie kan laer terugkoopkoerse beteken, met modelle wat toon koerse sal mettertyd onder 6 persent daal. Kganyago beklemtoon die…
1 Aug 6AM 1 min

Kamala skryf boek oor veldtog: 107 Days

Amerika se gewese visepresident, Kamala Harris, het ʼn boek geskryf met die titel, 107 Days. Dit gee ʼn kykie agter die skerms van haar ervaring wat gelei het tot die kortste presidensiële veldtog in moderne geskiedenis. Die boek handel oor haar Withuis-veldtog van die tyd toe oudpresident Joe Biden aan…
1 Aug 6AM 1 min

Namport skenk ruim aan bejaardes in die Suide

Namport het sy Winter Warmth-inisiatief in Lüderitz van stapel gestuur. Komberse sal aan bejaardes in Aus, Bethanie, Walvisbaai en Lüderitz voorsien word. Die poging, ondersteun deur vennote soos Walvisbaai Sout, Reload Logistics en FP du Toit Transport, het ten doel om kwesbare groepe hierdie winter by te staan. Kosmos 94.1…
1 Aug 6AM 1 min

Boorwerk begin in PEL 85

Namcor sê boorwerk van die Volans-1X-eksplorasieput in Blok PEL 85 in die Oranje-bekken het begin. Die 55-dae lange operasie, wat deur Rhino Resources bedryf word en deur Deepsea Mira uitgevoer word, is daarop gemik om 'n nuwe reservoir te toets. Namcor se woordvoerder, Utaara Hoveka het meer.
1 Aug 6AM 1 min