Pasop vir masels, waarsku SA regering

--:--
Die regering doen 'n beroep op alle ouers en versorgers om seker te maak dat kinders ten volle ingeënt is teen die gevaarlike en hoogs aansteeklike maselsvirus. Die regering sê vanjaar tot dusver is 379 laboratoriumbevestigde maselsgevalle en 409 rubellagevalle deur die Maselsverwysingslaboratorium by die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika aangemeld. 'n Woordvoerder Nokululeko Mtshali sê inenting is die beste beskerming teen ernstige aansteeklike siektes:
5 Jul 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

IKT-sektor aan die verander, wys data

Namibië se IKT-sektor is aan die beweeg, met nuwe data van die Kommunikasie-reguleringsowerheid, Cran, wat belangrike verskuiwings regoor die bedryf onthul. Die verslag beklemtoon die bestendige afname van tradisionele kommunikasiedienste. Terselfdertyd het kuberveiligheidsdreigemente meer as verdubbel, gedryf deur aanvalle wat op laekoste-Android-toestelle gemik is. Belegging in die sektor het skerp…
17 Sep 11AM 1 min

Paroolhersieningsberaad 'keerpunt vir strafregstelsel'

Die Departement van Korrektiewe Dienste sê die komende Nasionale Paroolhersieningsberaad sal 'n keerpunt vir Suid-Afrika se strafregstelsel wees. Baie burgers glo die land se paroolstelsel leun te veel oor na oortreders en die behoeftes en stemme van slagoffers word dikwels oor die hoof sien. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo,…
17 Sep 11AM 1 min

MTC belê in kreatiewe bedryf met Content Creators Awards

MTC se hoof bemarkingsbeampte, Tim Ekandjo, het amptelik die nominasies vir die 2025 MTC Content Creators Awards onthul. Nou in sy tweede jaar, vier die toekennings nie net kreatiwiteit nie, maar is dit deel van 'n groter missie om 'n volhoubare kreatiewe ekonomie in die land te bou. Met meer…
17 Sep 10AM 1 min

Hoekom is Inligtingskommissaris nog nie aangestel, vra IPC

Die IPC doen 'n beroep op die regering om die aanstellingsproses vir 'n Inligtingskommissaris te bespoedig om te verseker dat die Wet op Toegang tot Inligting, wat in 2022 aangeneem is, in werking tree. Die IPC-parlementslid John-Louw Mouton het vanmiddag in die Nasionale Vergadering gevra vir 'n opdatering oor die…
17 Sep 10AM 1 min

Nasan Energies wil 53 Engen- en Shell-vulstasies koop

In 'n stap wat daarop gemik is om Namibië se brandstofkleinhandelsektor te hervorm, het Nasan Energies Namibia 'n ooreenkoms aangekondig om 53 Engen- en Shell-handelsmerk-vulstasies van Vivo Energy te verkry. Die transaksie volg op 'n opdrag van die Namibiese Mededingingskommissie, wat vereis het dat Vivo 'n deel van sy netwerk…
17 Sep 10AM 1 min