Polisie ondervra 19 oor skietery in Michells Plein

--:--
Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Thembisile Patekile, sê 19 mense word ondervra oor die bendeverwante skietery in Mitchells Plain, waarin vyf mense dood en verskeie ander beseer is. Drie van die arrestasies was vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie. Hy bevestig meer as 100 beamptes is intussen na die betrokke gebiede ontplooi. Hy versoek enigiemand met inligting om na vore te kom:
5 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kabinet onderskryf 2-jaarlikse beleggingskonferensie

Die kabinet het die besluite wat tydens die derde vergadering van die Statebondshandelsministers in Junie in Windhoek geneem is, onderskryf. Onder die besluite is dat Namibië 'n tweejaarlikse beleggingskonferensie sal aanbied, onder leiding van die handelministerie. Inligtingminister Emma Theofelus het die aankondiging by 'n kabinet-inligtingsessie gemaak.
14 Aug 11AM 1 min

McIlroy sê nee vir Ryderbeker-kapteinskap

Gholf: Die heersende Meesters-kampioen, Rory McIlroy, glo dis nie volhoubaar om die spelende kaptein van die Ryderbekerspan te wees nie, want daar is baie werk aan die posisie verbonde. Die 36-jarige Noord-Ierse speler sal in September in Bethpage aan sy agste Ryderbeker-kompetisie deelneem waar Europa gaan probeer om die titel…
14 Aug 11AM 1 min

Onbeheerde bosbrande 'n groot uitdaging

Tydens 'n inligtingsessie oor veldbrandbestuur het bosboudirekteur Johnson Ndokosho onbeheerde bosbrande in die winterseisoen as die grootste uitdaging uitgelig en waarsku dat hulle ernstige skade aan ekostelsels kan veroorsaak.
14 Aug 10AM 1 min

Hawala-kwessie moet reg hanteer word: ontleder

Die bekende politieke ontleder professor Andre Duvenhage het sy stem bygevoeg tot die afsterwe van die voormalige weermaghoof luitenant-generaal Solomon Hawala. Hawala was ook aan die stuur van sake by Swapo se Lubango-kerkers wat uiters omstrede in die land is, veral met die regerende party wat doodstil is daaroor. Duvenhage…
14 Aug 10AM 1 min