Ramaphosa moet menseregtekommissie ondersoek

--:--
Die Forum for South Africa het president Cyril Ramaphosa versoek om volledig ondersoek in te stel na die werksaamhede van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie voordat dinge handuit ruk. Forumleier Tebogo Mashilompane sê vir jare het baie gemeenskappe regoor die land geen drinkwater gehad nie. Dit is 'n skending van menseregte, maar daar is geen bestendige poging van die kommissie om dit reg te stel nie. Hy sê dit blyk die kommissie is meer bekommerd oor kwessies rakende buitelandse burgers:
6 Jul 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vergeet eers van desentralisasie, begin met kwalifikasie

Bestuurskenner Marius Kudumo sê dat die verantwoording van verkose streeksraadslede aan aangestelde goewerneurs ondermyn desentralisasie. Sy kommentaar volg op 'n voorstel om die Wet op Streeksrade te wysig om magsdeling toe te laat. Kudumo voer aan dat die eintlike probleem die verkiesing van ongekwalifiseerde leiers is, nie die stelsel nie,…
28 Jul 12AM 1 min

Stad Windhoek reik kennisgewing uit oor rook, ook damprook

Die Stad Windhoek het 'n kennisgewing uitgereik wat alle vorme van rook, insluitend die gebruik van e-sigarette in openbare ruimtes soos werkplekke, skole, openbare vervoer, gesondheidsfasiliteite en regeringsgeboue verbied. Rook is ook verbode binne 2 meter van ingange en vensters. Fasiliteitseienaars moet die reëls afdwing en "Geen Rook"-tekens vertoon. Kosmos…
28 Jul 12AM 1 min

Mynstigting skenk vee in Usakos

Die Swakop Uranium-stigting het die naweek kleinvee aan 30 begunstiges by die Hope Farm-projek by Davib Wes naby Usakos geskenk, in totaal 600 ooie en 30 ramme. Landbouminister Inge Zaamwani sê dié projek bied meer as voedselsekuriteit. Dit is daarop gemik om volhoubare inkomste te lewer deur die voorsiening van…
27 Jul 11PM 1 min

Vierde toets tussen Indië en Engeland is gelykop

Die vierde toets tussen Engeland en Indië in Manchester is gelykop verklaar met die gashere wat met 2-1 voorloop in die reeks van vyf wedstryde. Indië het die laaste dag hervat met ʼn teiken van 137 lopies en agt paaltjies, maar twee vennootskappe het hulle gered. Kaptein Shubman Gill het…
27 Jul 11PM 1 min

Walvis-strand kry nuwe baadjie

Opknappingswerk by Walvisbaai se Onafhanklikheidstrand sal na verwagting in die komende dae begin, na die oorhandiging van die terrein aan die kontrakteur Larissa Investment CC. Die opgradering is 'n gesamentlike projek tussen die Walvisbaai- en Czerwonak-munisipaliteit van Pole, met EU-befondsing. 'n Toekomstige promenade-wandelpad word ook beoog. Kosmos 94.1 Nuus het…
27 Jul 6AM 1 min