
Visserye: Té min geld vir waarnemers
--:--
Namibië se visseryewaghond het tans net 121 waarnemers op bote en in fabrieke, omtrent die helfte minder as wat nodig is vir doeltreffende monitering. Volgens die waarnemersagentskap vir visserye, die FOA, het hulle nie genoeg geld om meer waarnemers aan te stel nie. Die agentskap is ook nie by magte om oortredings self te ondersoek nie, maar moet dit bloot by die regering aanmeld. Dit veroorsaak vertragings, sê die FOA. Die waarnemende bedryfsbestuurder van die agentskap, Shadrick Liswaniso, verduidelik: