SA minister wil lyfstraf in tronke hê

--:--
Die polisie- en gevangenisvakbond, POPCRU sê hulle verwerp ten sterkste die idee om geweld as 'n instrument van regstelling by korrektiewe instellings te gebruik. Vakbondwoordvoerder, Richard Mamabolo, het gereageer op die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, se beroep vir die herinstelling van lyfstraf in korrektiewe sentrums. Mamabolo sê die voorstel is nie net ongrondwetlik nie, maar ook gevaarlik, roekeloos en 'n regstreekse skending van menseregte en internasionale korrektiewe standaarde:
6 Jul 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vyfjaarplan om immigrasiedienste te moderniseer, verbeter

Die binnelandse sake-ministerie het 'n vyfjaar strategiese plan geloods om nasionale veiligheid, immigrasiedienste en interne sekuriteit te verbeter. Die plan fokus op die modernisering van grens- en visumstelsels, die verbetering van immigrasie, padveiligheid, misdaadvoorkoming, rehabilitasie van oortreders en die vermindering van staatloosheid. Minister Lucia Iipumbu het die behoefte aan digitale…
28 Jul 6AM 1 min

ANC Veteraneliga verwerp VSA-wet oor SA

Die leier van die ANC Veteraneliga, Snuki Zikalala, het die voorgestelde Amerikaanse Wet op die Hersiening van Bilaterale Betrekkinge verwerp en sê dit het nie bestaansreg nie. Zikalala het aan SABC News gesê die wetgewing wat top-ANC-lede vir moontlike sanksies teiken, spruit voort uit Suid-Afrika se steun vir die Palestyne…
28 Jul 6AM 1 min

Venaani sê woestynboerdery is beter plan as groenskemas

PDM-leier McHenry Venaani, het die regering versoek om woestynboerdery bo nuwe groen skemas te prioritiseer, en voer aan dat dit groter potensiaal vir werkskepping en waardekettings onder die NDP6-agenda bied. Venaani het grootskaalse woestynboerdery met opgeleide jeug, drupbesproeiing en ontsoute seewater voorgestel.
28 Jul 6AM 1 min

Uiters duur vliegkaartjies belemmer toerismesyfers

Duur vliegtuigkaartjies na Namibië ondermyn die langtermyn-groeivoorsuitsigte van die toerismebedryf in die land, sê die uitvoerende hoof van Gondwana Collection, Gys Joubert. Joubert was vandeesweek een van die sprekers by die Taking Stock Namibia 2025-forum in Windhoek. Volgens hom is vliegtuigkaartjies na Namibië buite verhouding duur, en omskep dit die…
28 Jul 6AM 1 min

Gobabis se munisipaliteit is in die sop by Sankwasa

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, sal met die leiers van die Gobabis-munisipaliteit vergader na ‘n verdoemende verslag van die ombudsman wanbestuur, skuld, onwettige aanstellings en mislukkings in dienslewering blootgelê het. Die verslag het meer as 100 miljoen Namibiese dollar in onbetaalde rekeninge en wanhantering van fondse,…
28 Jul 6AM 1 min