
Gemeenskap ruk op teen aspekte van Stad Windhoek se bestuur
--:--
Gemeenskapslede in die hoofstad word uitgenooi na 'n perskonferensie vandag om half-11 by die Katutura-jeugkompleks. Gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat verskeie aspekte van Stad Windhoek se bestuur, insluitend sy rekeningstelsel, sal onder die loep kom.