
Dooiepunt in Oekraïne vrede-gesprekke frustreer
--:--
Tymofiy Mylovanov, die president van Kiëf se Ekonomiese Skool en voormalige ekonomieminister in die Oekraïne, sê die stop van die besending van Patriot-missiele na sy land, sowel as die dooiepunt tussen presidente Putin en Trump is uiters frustrerend. Hy het in ‘n onderhoud met CNN gesê al wat gaan gebeur is nog mense sal sterf.