EFF eis Mchunu skorsing na KZN-onthullings

--:--
Die EFF eis die onmiddellike skorsing van die minister van Polisie Senzo Mchunu en die adjunk-nasionale kommissaris vir Misdaadopsporing, Shadrakc Sibiya. Dit volg na die skokkende onthullings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, insluitend politieke inmenging in sake wat die polisie ondersoek. Die EFF se woordvoerder, Sinawo Thambo, sê die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, moet 'n dringende sitting byeenroep vir 'n inligtingsessie deur minister Mchunu oor die bewerings van Mkhwanazi:
7 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Verskeie resolusies deur die kabinet aanvaar

Die kabinet het amptelik die resolusies aanvaar wat bespreek is tydens die SAOG-oorgrensbewaringsgebiedsberaad van staatshoofde en regeringshoofde. Die beraad het in Mei vanjaar in Harare, Zimbabwe, plaasgevind. Tydens 'n kabinetsinligtingsessie het inligtingsminister Emma Theofelus 'n opdatering gegee oor die resolusies wat aanvaar is.
8 Aug 1AM 1 min

Ramaphosa en Putin gesels per telefoon

President Cyril Ramaphosa het per telefoon met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, gepraat oor die oorlog in Oekraïne en sake van gemeenskaplike, bilaterale belang. Sedert Rusland se volskaalse inval in Oekraïne het Westerse nasies verreikende sanksies teen Moskou ingestel in ʼn poging om sy oorlogspoging te stuit. Suid-Afrika het egter…
8 Aug 1AM 1 min

BBU aanlynveiling samel N$174 000 vir bewaring in

Die 2025 Brandberg Backyard Ultra, geborg deur RMB Namibia, het oor die naweek ‘n rekordopkoms gehad maar daar is nog. ‘n Twee-dag aanlynveiling ten bate van Save the Rhino Trust, Ocean Conservation Namibia, en Pangolin Conservation Namibia het meer as 174 000 Namibiese dollar ingesamel. Kosmos 94.1 Nuus het met…
8 Aug 1AM 1 min

Skaapprodusente word goed beloon, daarom goeie prestasie

Reaksie word ontvang op Namibiese A2-lamskarkaspryse wat goed presteer teenoor dié van Uruguay, Suid-Afrika en Australië. Namibiese A2-pryse het sover vanjaar gemiddeld 91 dollar 90 sent per kilogram gehaal, 'n groei van 22,79 persent teenoor verlede jaar se pryse. Kosmos 94.1 Nuus het met Ohlthaver en List se uitvoerende hoof,…
8 Aug 12AM 1 min

NamBTS soek jou bloed die Saterdag

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied môre 'n bloedskenkingskliniek by sy hoofkwartiersentrum in Talstraat by Ausspannplatz aan. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Salmi Shigwedha, bemarkingsbeampte by die diens, wat sê bloedskenkings neem af in die winter weens griep en seisoenale siektes. Shigwedha het meer.
8 Aug 12AM 1 min