Dit is ondersteuning uit die gemeenskap wat Huis Betlehem toelaat om al 25 jaar om te sien na kwesbare kinders. Daar is tans sewe kinders aan huis in Witrivier en 10 in Nelspruit. Mariaan Lourens en Verina Gerber vertel meer.
Die komponis Lizanne Barnard en haar seun, Adam, is elk benoem vir Afri-Indie-toekennings. Sy is ondermeer in die gospel-kategorie genomineer vir "Dwarshout" wat sy geskryf het vir die musiekblyspel "Crux". Adam is onder die verhoognaam Both Eyes Open benoem vir sy alternatiewe rock-album, "Virtua Love". Hulle gesels met die Middag…
Angelica Ferreira (26) se familie kon al meer as R100 000 insamel om vir haar die nodige behandeling te kry by M-Care na sy aan die begin van Jullie in 'n baie ernstige motorongeluk was.
Hoërskool Bergvlam vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar en met hul revue herbesoek hulle van die temas wat hulle oor die afgelope 50 jaar op die planke gebring het. Hulle gesels met Sonop Ontbyt.
Die Airlink Pumas het hul openingswedstryd van die Curriebeker Vrydagaand teen die Griekwas met 49-28 en ‘n bonuspunt by Mbombela-stadion gewen. Die hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê dit was ‘n taaier wedstryd as wat die telbord weerspieël. Hulle reis hierdie Vrydag na Bloemfontein vir 'n herhaling van die 2023 eindstryd teen…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.