Tariewe: SAOG kan munt slaan as hy ideologie laat vaar

--:--
Die Amerikaanse dollar het vandag naby meerjarige laagtepunte teenoor die euro en Switserse frank verhandel, terwyl markte op handelsnuus gewag het voor president Trump se tariefsperdatum. Nuwe wederkerige tariewe sal na verwagting op 1 Augustus in werking tree nadat 'n 90-dae moratorium Woensdag eindig. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Roelof Botha, 'n Suid- Afrikaanse ekonoom gepraat. Hy meen SACU moet beter saamwerk en ideologie moet laat vaar word.
7 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

PA lê klagte na potgooi-aanmerkings oor bruin gemeenskap

Die Patriotic Alliance het 'n strafregtelike klagte ingedien teen die aanbieders van Open Chat Podcast, Mthokozisi Methula en Sinothando Kama. Hulle het beledigende aanmerkings oor die bruin gemeenskap gemaak wat in 'n episode op sosiale media verskyn het en wyd versprei is. Die aanbieders het intussen om verskoning gevra vir…
7 Aug 12PM 1 min

Jon Rahm veg vir wêreldranglyspunte vir LIV-spelers

Gholf: Die tweemalige major-kampioen, Jon Rahm van Spanje, sê meer moet gedoen word om ander geleenthede te vind vir spelers om wêreldranglys-punte te bekom. LIV Gholf het in Junie weereens aansoek gedoen vir wêreldranglyspunte nadat dit in Oktober 2023 afgekeur is - onder meer omdat daar nie afsnypunte in LIV-toernooie…
7 Aug 12PM 1 min

Onderwysminister vra dringende optrede teen leerarmoede

Onderwysminister Sanet Steenkamp het 'n beroep gedoen op dringende optrede om leerarmoede in Namibië te beëindig, en genoem dat nege uit 10 Afrika-leerders van 10 jaar oud nie 'n eenvoudige teks kan lees of basiese wiskunde kan doen nie. Tydens die herbekendstelling van die RightStart-program het sy die behoefte aan…
7 Aug 11AM 1 min

51% plaaslike eienaarskap in myne sal bedryf kelder: IPC

Die IPC kritiseer die adjunkminister van mynbou, Natangwe Ithete, se voorstel vir 'n nuwe beleid wat 51 persent Namibiese eienaarskap in alle nuwe mynbou-ondernemings sal verpligtend maak. Die IPC voer aan dat die beleid beleggers kan afskrik deur die massiewe kapitaal, vaardighede en tegnologie wat buitelandse maatskappye na die bedryf…
7 Aug 11AM 1 min