
Naweek se brande is pure nalatigheid
--:--
Verskeie brande het die afgelope naweek rondom Windhoek uitgebreek, met groot voorvalle wat by Daan Viljoen, Ongos, en langs die lughawepad aangemeld is. Kosmos 94.1 Nuus het met Fillipus Sikongo, senior stasiebeampte van die Stad Windhoek se Brandweer gepraat wat sê daar is strawwe vir mense wat doelbewus brande stig sowel as mense wat probeer om hul eie brandpaaie met brande te skep.