Banyana maak gereed vir Ghana by Afrikabekertitel vir Vroue

--:--
Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê hulle is slaggereed om vanaand hulle Afrikabekertitel vir Vroue te begin verdedig teen Ghana in Marokko. Suid-Afrika, wat tweede op Afrika se ranglys is, speel ook in Groep C teen Mali en Tanzanië. Die Ghanese is terug in die kompetisie na 'n afwesigheid van sewe jaar. Ellis sê dis 'n taai groep, maar sy het volle vertoue in haar spelers:
7 Jul 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bykans 1 000 mynwerkers in SA gearresteer

Altesaam 999 vermeende onwettige mynwerkers van verskillende nasionaliteite is in hegtenis geneem tydens die landswye Vala Umgodi-operasie in Julie. 'n Polisiewoordvoerder Vincent Mukhathi sê hulle word aangekla van onder meer moord, poging tot moord, diefstal van minerale, en die onwettige besit van plofstof, vuurwapens en goud:
17 Aug 5AM 1 min

Nywerheid topprioriteit in SADC, sê Mnangagwa

Die ontwikkeling van nywerheid in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap bly ‘n kernprioriteit, sê die uittredende SADC-voorsitter, president Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe. Tydens die opening van die 45ste Spitsberaad van Staats- en Regeringshoofde in Madagaskar gesê. Kollektiewe pogings vir waardetoevoeging tot natuurlike hulpbronne en meer handel moet opgeskerp word, sê Mnangagwa. Hy…
17 Aug 5AM 1 min

VN: Humanitêre krisis in Gaza vererger

Die Verenigde Nasies het sy waarskuwing herhaal dat sonder 'n dringende en onbeperkte hulp, Gaza se reeds ernstige humanitêre krisis verder kan vererger. Van die 12 hulpsendings wat hierdie week deur koördinering met die Israelse regering moes funksioneer, is slegs vyf gediens. Vier is gekanselleer en drie is belemmer. Dit…
17 Aug 4AM 1 min

Geen geregtigheid vir Marikana-slagoffers

Die vakbondfederasie, Saftu, sê die Marikana-slagting was nie 'n tragiese ongeluk nie, maar 'n voorbedagte daad van staatsgeweld om kapitaal te beskerm. Saterdag was dit 13 jaar sedert die polisie 34 stakende mynwerkers in Marikana, Noordwes, doodgeskiet het. Nog tien mense, insluitend polisie- en veiligheidsbeamptes, is in die weke voor…
17 Aug 3AM 1 min

NNN by SADC-spitsberaad in Madagaskar

President Netumbo Nandi Ndaitwah en haar Suid-Afrikaanse eweknie Cyril Ramaphosa sal vandag die 45ste Spitsberaad van Staats- en Regeringshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Madagaskar bywoon. Die tema van die beraad is Bevordering van Industrialisering, Landbou-transformasie en Energie-oorgang vir 'n Veerkragtige SADC. Die Suid-Afrikaanse presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die…
17 Aug 2AM 1 min