SA Toerisme se R100m tender laat lig die wenkbroue

--:--
Die DA sê hy is diep bekommerd oor onlangse onthullings van beweerde onreëlmatighede rondom 'n tender ter waarde van 100-miljoen Suid-Afrikaanse rand wat SA Toerisme aan Pomme Express toegeken het. Die party sê die maatskappy kon skynbaar nie sy ervaring bewys nie, en het vals en misleidende inligting as deel van sy tender voorgelê. Haseena Ismail sê die DA doen 'n beroep op die minister van Toerisme, Patricia de Lille, om volle deursigtigheid en verantwoordbaarheid in hierdie saak te verseker:
7 Jul 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Loterykommissie kort dringend nuwe voorsitter: DA

Die DA maan die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, om dringend ʼn nuwe voorsitter vir die Nasionale Loterykommissie aan te stel. Dit volg na die bedanking van Barney Pityana. ʼn DA-woordvoerder, Toby Chance, sê die minister moenie sy voorganger, Ebrahim Patel wat 18 maande gevat het om…
25 Aug 9AM 1 min

Fleetwood wen Toerkampioenskap, sy eerste PGA-toertitel

Gholf: Tommy Fleetwood van Engeland het met sy 164ste poging sy eerste PGA-toertitel verower deur die Toerkampioenskap en ook die FedEx-beker te wen. Die 34-jarige Fleetwood het drie houe vóór Patrick Cantlay en Russell Henley van Amerika geëindig. Hul landgenoot en die verdedigende kampioen, Scottie Scheffler, was met nóg 'n…
25 Aug 9AM 1 min

Moenie jaag nie, wees bedagsaam op paaie!

Swaar verkeer word landwyd verwag terwyl Namibië Heldedag herdenk. Die Namibiese polisie doen 'n beroep op alle padgebruikers om versigtigheid, geduld en verantwoordelikheid te beoefen terwyl hulle op die paaie is. Adjunk-kommissaris Rozario Coetzee het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus die belangrikheid beklemtoon om reisreëlings vooraf te tref…
25 Aug 8AM 1 min

ANC 'het vergeet hy bestaan om mense te dien'

Die ANC veteraan en voormalige minister, Naledi Pandor, sê die party het sy glorie verloor en het vergeet dat hy bestaan om die mense te dien. Sy was Sondag 'n spreker by die Gertrude Shope-gedenklesing in Pretoria. Shope is in Mei vanjaar oorlede op die ouderdom van 99. Pandor sê…
25 Aug 8AM 1 min

AMTA en Nipam werk saam vir voedselveiligheid en sekerheid

AMTA en Nipam het 'n ooreenkoms onderteken om voedselveiligheid en -sekerheid te bevorder. Die ooreenkoms sluit gesamentlike navorsing, kennisdeling en verbeterde bedrywighede in, met 'n tegniese komitee wat projekimplementering en innovasie sal lei. Nipam se bemarkingsbestuurder, Johannes Hatutale, het meer.
25 Aug 6AM 1 min