Ysland se ondersoek na Samherji sal nie die Fishrot-saak raak nie

--:--
Meer reaksie word ontvang op die Yslandse distriksaanklaer wat sy ondersoek na die visserye-maatskappy Samherji se aandeel in Fishrot voltooi het. Volgens 'n Yslandse ondersoekende program, Kveikur, sluit misdade wat plaaslik gepleeg is in geldwassery, omkopery en geldverduistering. Die plaaslike Fishrot-hofsaak is geskeduleer om in Augustus te begin. Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, meen teenoor Kosmos 94.1 Nuus dat die Yslandse ondersoek nie die plaaslike saak veel sal beïnvloed nie.
8 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

IKT-sektor aan die verander, wys data

Namibië se IKT-sektor is aan die beweeg, met nuwe data van die Kommunikasie-reguleringsowerheid, Cran, wat belangrike verskuiwings regoor die bedryf onthul. Die verslag beklemtoon die bestendige afname van tradisionele kommunikasiedienste. Terselfdertyd het kuberveiligheidsdreigemente meer as verdubbel, gedryf deur aanvalle wat op laekoste-Android-toestelle gemik is. Belegging in die sektor het skerp…
17 Sep 11AM 1 min

Paroolhersieningsberaad 'keerpunt vir strafregstelsel'

Die Departement van Korrektiewe Dienste sê die komende Nasionale Paroolhersieningsberaad sal 'n keerpunt vir Suid-Afrika se strafregstelsel wees. Baie burgers glo die land se paroolstelsel leun te veel oor na oortreders en die behoeftes en stemme van slagoffers word dikwels oor die hoof sien. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo,…
17 Sep 11AM 1 min

MTC belê in kreatiewe bedryf met Content Creators Awards

MTC se hoof bemarkingsbeampte, Tim Ekandjo, het amptelik die nominasies vir die 2025 MTC Content Creators Awards onthul. Nou in sy tweede jaar, vier die toekennings nie net kreatiwiteit nie, maar is dit deel van 'n groter missie om 'n volhoubare kreatiewe ekonomie in die land te bou. Met meer…
17 Sep 10AM 1 min

Hoekom is Inligtingskommissaris nog nie aangestel, vra IPC

Die IPC doen 'n beroep op die regering om die aanstellingsproses vir 'n Inligtingskommissaris te bespoedig om te verseker dat die Wet op Toegang tot Inligting, wat in 2022 aangeneem is, in werking tree. Die IPC-parlementslid John-Louw Mouton het vanmiddag in die Nasionale Vergadering gevra vir 'n opdatering oor die…
17 Sep 10AM 1 min