Die Swakop Uranium-stigting het die naweek kleinvee aan 30 begunstiges by die Hope Farm-projek by Davib Wes naby Usakos geskenk, in totaal 600 ooie en 30 ramme. Landbouminister Inge Zaamwani sê dié projek bied meer as voedselsekuriteit. Dit is daarop gemik om volhoubare inkomste te lewer deur die voorsiening van…
Die vierde toets tussen Engeland en Indië in Manchester is gelykop verklaar met die gashere wat met 2-1 voorloop in die reeks van vyf wedstryde. Indië het die laaste dag hervat met ʼn teiken van 137 lopies en agt paaltjies, maar twee vennootskappe het hulle gered. Kaptein Shubman Gill het…
Opknappingswerk by Walvisbaai se Onafhanklikheidstrand sal na verwagting in die komende dae begin, na die oorhandiging van die terrein aan die kontrakteur Larissa Investment CC. Die opgradering is 'n gesamentlike projek tussen die Walvisbaai- en Czerwonak-munisipaliteit van Pole, met EU-befondsing. 'n Toekomstige promenade-wandelpad word ook beoog. Kosmos 94.1 Nuus het…
Die intelligensie-eenhede van die SAPD en Lesotho-polisie ondersoek bewerings van Lesotho-militêre kampe in Suid-Afrika. Die polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het met provinsiale polisiehoofde, insluitend die Valke se Misdaad Teen die Staat-eenheid, oor die saak vergader. Sy het die publiek verseker dat nasionale veiligheid 'n topprioriteit…
Namibiërs moet trots wees op hul identiteit en moet hul diversiteit vier, sê eerste minister Elijah Ngurare. Ngurare was Saterdag die hoofspreker by die Masubia-kultuurfees in die Zambezi-streek. Dit was die eerste keer in vier jaar dat dié jaarlikse fees weer gevier is, aangesien die groep leierloos was. Gilbert Muhongo…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.