
Trump verloor goeie wil met sy optrede
--:--
Reaksie word ontvang op Amerikaanse president Donald Trump wat sê 'n bykomende 10 persent invoertarief sal gehef word op enige land wat hom by die BRICS-groep se "anti-Amerikaanse beleide" skaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Andre Duvenhage, 'n politieke ontleder van Suid Afrika, wat sê Trump se optrede laat heelwat goeie wil verlore gaan.