
Sinomine-afleggings: Minister verklaar dispuut
--:--
Arbeidsminister Wise Immanuel wil die vrywillige aflegging van 650 werkers by Sinomine Resources staak en sal ‘n versoener deur die kantoor van die arbeidskommissaris aanstel om die dispuut te hanteer. Immanuel het nie toegang tot die myn verkry nie en het met die werkers, die Arbeidskommissaris en die vakbond by die Arbeidskantoor in Tsumeb vergader. Kosmos 94.1 Nuus het met George Ampweya, die Mynwerkersunie van Namibië se sekretaris-generaal, gepraat, oor wat volgende kom.