Mbalula vaar uit teen die media

Network error while loading playlist url
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê sekere joernaliste het hulle rol as onafhanklike verslaggewers prysgegee om na bewering politieke agendas te bevorder. Terwyl die party mediavryheid verdedig, mag dit nie met straffeloosheid verwar word nie. Mbalula beweer hierdie soort gekaapte joernalistiek ondermyn die publiek se vertrou en die waarde van mediavryheid, en op die lang duur word demokrasie benadeel. Hy het 'n beroep gedoen op die media om etiek, balans en verantwoordbaarheid te respekteer:
8 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

LPM beklemtoon belangrikheid van kollektiewe vooruitgang

Die leier van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi, het partylede aangespoor om die samelewing na transformasie en voorspoed te lei tydens 'n driedaagse nasionale politieke opleidingswerkswinkel wat daarop gemik is om leierskap te versterk en voor te berei vir die verkiesings in November. Swartbooi het die behoefte aan selfbevryding…
5 Aug 6AM 1 min

Meer as 500 onwettige myners by Barberton gevind

Polisie in Mpumalanga sê nog onwettige mynwerkers sal na verwagting by die Sheba-myn in Barberton gearresteer word. Maandag is nog 24 vasgetrek wat die getal sedert Vrydag op 518 te staan bring. Aanklagte teen hulle sluit in besit van gouddraende materiaal, oortreding van die Immigrasiewet en betreding. Owerhede beraam dat…
5 Aug 6AM 1 min

Swakpunte van verkryging onder die loep

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sal môre 'n nuwe uitgawe van Procurement Tracker Namibia bekendstel, met die titel "Rooi Vlae, Aanbevelings, Hervormings". Die verslag, gebaseer op die 2025 MAPS-assessering, sal belangrike swakpunte in die openbare verkrygingstelsel blootlê, saam met praktiese, bewysgebaseerde hervormings om deursigtigheid en beter waarde vir regeringsbesteding te…
5 Aug 6AM 1 min

Reaksie op plaaslike verfyning van uraan

Elevate Uranium sal sy ‘U-pgrade’-loodsaanleg in Namibië in November 2025 van stapel stuur om sy uraanveredelingsproses op 60 ton plaaslike erts te toets. Die aanleg, wat nou in finale toetsing in Australië is, is daarop gemik om produksiekoste te verlaag en toekomstige kommersiële uitrol te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het…
5 Aug 6AM 1 min

As daar menseregte is, hoef regte vir seuns nie bepleit te word nie

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n beroep gedoen op strategieë wat ware geslagsbalans bevorder deur die behoeftes van beide meisies en seuns aan te spreek. Sy het kommer uitgespreek oor die groeiende ontkoppeling van seuns aan maatskaplike en loopbaanontwikkeling en vroue aangespoor om ook seuns se regte te ondersteun en daarvoor…
5 Aug 6AM 1 min