Stad Windhoek stel sy kant van saak oor skuld

--:--
Die Stad Windhoek het 409,9 miljoen Namibiese dollar in agterstallige rekeninge aan skuldinvorderaar RedForce oorhandig. Woordvoerder Lydia Amutenya sê die oorhandiging is deel van die 944 miljoen dollar wat teen Mei 2025 aan die stad verskuldig was. Kosmos 94.1 Nuus het met Amutenya gepraat.
8 Jul 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Regering bou 300 huise, Shack Dwellers 3 100

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê 3 492 wooneenhede is in aanbou, waarvan meer as 3 100 onder die Schack Dwellers-federasie in al 14 streke ontwikkel word. Die regering self bou net meer as 300. Kosmos 94.1 Nuus het met Heinrich Amushila van die federasie gepraat wat sê hulle het ook ander…
25 Jul 11AM 1 min

Kaapse seekoei vind nuwe tuiste in Plet

Die Stad Kaapstad se Bioverskeidenheids-afdeling het 'n seekoeibul suksesvol van die Valsbaaise natuurreservaat na 'n reservaat in Plettenbergbaai verskuif. Seekoeie is baie sensitiewe diere, en besonder moeilik om te vang en te vervoer as gevolg van hul grootte en krag, die gevaar wat hul inhou, en omdat hulle gou gespanne…
25 Jul 11AM 1 min

Kavango-Wes fokus op landelike ontwikkelingsprojekte

Tydens haar streeksrede het Kavango-Wes se goewerneur, Verna Sinimbo, aangekondig dat meer as 5,5 miljoen Namibiese dollar aan agt kiesafdelings toegeken is vir verskeie landelike ontwikkelingsprojekte, groenskemas ingesluit. Daarbenewens het die Kavango-streekraad 40 projekte ondersteun deur 400 bokke oor vier kiesafdelings te versprei.
25 Jul 10AM 1 min

Motocross brul weer op Gobabis

Die vyfde ronde van die Namibiese nasionale motocross-kampioenskap vind môre op die Gobabis-motocrossbaan plaas na die baan verlede jaar oorgesien is as gevolg van die droogte. Die gebrek aan water om die baanoppervlak tydens byeenkomste nat te maak, het die klub genoodsaak om sy verpligtinge aan ander klubs af te…
25 Jul 10AM 1 min