Oorskot van kinders by Katolieke tehuise word geïdentifiseer

--:--
Owerhede in Tuan, in Galway County werk had om die oorskot van 802 kinders wat dood is by ‘n tehuis wat deur die Katolieke Kerk vir ongehude moeders bestuur is, te identifiseer. ‘n Ondersoek is reeds ‘n dekade terug geloods en daar word beraam dat by die netwerk van tehuise in Ierland, meer as 9 000 kinders, almal jonger as drie, dood is en op die gronde begrawe is. Anna Corrigan se twee broers is in die tehuis gebore.
8 Jul 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN vra vir billike bankfooie

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het reguleerders versoek om te verseker dat bankfooie billik en deursigtig is. Na haar mening moet verbruikers regverdig en deursigtig behandel word en dat die sentrale bank die leiding daarin moet neem.
25 Jul 8AM 1 min

Israel moet Gaza open vir kos, medisyne: VN

Die Verenigde Nasies se agentskap vir Palestynse vlugtelinge sê volgens hom is mense in Gaza nie lewend of dood nie, maar lewende lyke. Die agentskap sê minstens 113 mense in Gaza is aan honger dood waarvan 45 die laaste vier dae was. Agentskaphoof Philippe Lazzarini sê hulle het kos en…
25 Jul 8AM 1 min

BetterBond kyk na rentekoers-aankondiging volgende week

BetterBond sê laer rentekoerse kan groei in die eiendomsmark verder stimuleer. Die huisleningmaatskappy sê verbandgoedkeurings het die afgelope jaar met 13,6-persent gestyg en aansoeke met 7,4-persent. Bradd Bendall van die maatskappy sê laer rentekoerse het kopersvertroue verbeter, en 'n moontlike rentekoersverlaging volgende week kan groei in die eiendomsmark verder stimuleer:
25 Jul 6AM 1 min

Trump is tevrede met Navo, Europa ooreenkoms

President Donald Trump is tevrede na sy samesprekings met Europa en Navo. Hy was nie te vinde om meer wapens aan die Oekraïne te skenk nie en sê dit het onder die Biden-administrasie 350 miljard Amerikaanse dollar beloop. Navo se befondsing het ook onder Europese lede kortgeskiet.
25 Jul 6AM 1 min

Dis Wêreld-verdrinkingsvoorkomingsdag

Die Nasionale Seereddingsintituut sê verdrinking bly een van die vernaamste oorsake van kindersterftes in die wêreld, met 236 000 lewens wat jaarliks verlore gaan. Met die viering van wêreld-verdrinkingsvoorkomingsdag, vra die instituut vir meer bewustheid en optrede om die tragedies te vermy. Die woordvoerder van die NSRI, Andrew Ingram, sê…
25 Jul 6AM 1 min