VW, Volvo en Toyota herroep modelle

Network error while loading playlist url
Die Nasionale Verbruikerskommissie sê Volkswagen, Volvo en Toyota herroep sekere voertuie as gevolg van veiligheidskwessies. Volkswagen herroep Golf 8 modelle as gevolg van 'n fout met 'n sitplekgordel wat beserings in 'n botsing kan veroorsaak. Volvo herroep sekere XC90 hibriede-voertuie vir 'n remprobleem teen afdraandes. Phetho Ntaba van die kommissie vra eienaars wat geraak word, om handelaars te besoek vir 'n gratis veiligheidstoets:
9 Jul 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Regering bou 300 huise, Shack Dwellers 3 100

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê 3 492 wooneenhede is in aanbou, waarvan meer as 3 100 onder die Schack Dwellers-federasie in al 14 streke ontwikkel word. Die regering self bou net meer as 300. Kosmos 94.1 Nuus het met Heinrich Amushila van die federasie gepraat wat sê hulle het ook ander…
25 Jul 11AM 1 min

Kaapse seekoei vind nuwe tuiste in Plet

Die Stad Kaapstad se Bioverskeidenheids-afdeling het 'n seekoeibul suksesvol van die Valsbaaise natuurreservaat na 'n reservaat in Plettenbergbaai verskuif. Seekoeie is baie sensitiewe diere, en besonder moeilik om te vang en te vervoer as gevolg van hul grootte en krag, die gevaar wat hul inhou, en omdat hulle gou gespanne…
25 Jul 11AM 1 min

Kavango-Wes fokus op landelike ontwikkelingsprojekte

Tydens haar streeksrede het Kavango-Wes se goewerneur, Verna Sinimbo, aangekondig dat meer as 5,5 miljoen Namibiese dollar aan agt kiesafdelings toegeken is vir verskeie landelike ontwikkelingsprojekte, groenskemas ingesluit. Daarbenewens het die Kavango-streekraad 40 projekte ondersteun deur 400 bokke oor vier kiesafdelings te versprei.
25 Jul 10AM 1 min

Motocross brul weer op Gobabis

Die vyfde ronde van die Namibiese nasionale motocross-kampioenskap vind môre op die Gobabis-motocrossbaan plaas na die baan verlede jaar oorgesien is as gevolg van die droogte. Die gebrek aan water om die baanoppervlak tydens byeenkomste nat te maak, het die klub genoodsaak om sy verpligtinge aan ander klubs af te…
25 Jul 10AM 1 min